AFRIKAANS OP TOER

Moet’s en Moenie’s (Terme en Voorwaardes)

• Ouderdomsbeperking: Die alkoholkroeg is streng vir ouderdom 18 jaar of ouer is. Bewys van ouderdom sal vereis word om hierdie areas te betree.

• Beperkte kapasiteit: Toegang tot perseel is op ‘n eerste-kom-eerste-bedien-basis.

• Polsbandjies: Gaste sal ‘n polsbandjie ontvang by die hek, wat regdeur die geleentheid gedra moet word. Polsbandjies is nie oordraagbaar nie en moet nie verwyder of daarmee gepeuter word nie.

• Onder 18-polsbandjie sal duidelik vrywaring aandui. AOT sal nie verantwoordelik gehou word vir enige beserings of wangedrag deur onder 18’s nie.

• Geen terugbetalings: Kaartjies is nie-terugbetaalbaar. 

• Gedrag: Daar word van mense wat die musiekfees bywoon verwag om te alle tye op ‘n respekvolle en hoflike manier op te tree. Enige gaste wat met wanordelike gedrag betrokke raak, sal gevra word om dadelik te vertrek.

• Alkoholverbruik: Alkoholverbruik is beperk tot slegs die perseel. 

• Kos en Drank: Geen eie kos, drinkgoed en koelbokse sal toegelaat word nie. Kos en drank word verskaf en verkoop deur die kosstalletjies en alkoholkroeg. Alle kosstalletjies moet ‘n geldige gesondheidsertifikaat hê. Buite kos en drinkgoed word nie toegelaat nie.

• Aanspreeklikheid: Die organiseerders van AOT is nie verantwoordelik vir enige verlore, gesteelde of beskadigde persoonlike besittings, beserings of ongelukke wat op die perseel mag plaasvind nie. AOT fees sal nie aanspreeklik wees vir enige beserings/skade van watter aard ook al nie.

• Kindertoesig: Kinders moet te alle tye deur ‘n verantwoordelike volwassene onder toesig wees. Die organiseerders van AOT is nie verantwoordelik vir enige ongelukke of voorvalle wat met kinders voorkom nie. Ouers of voogde is verantwoordelik vir hul eie kinders. 

• Veiligheid: Die organiseerders van AOT neem veiligheid ernstig op, en gaste moet alle veiligheidsinstruksies en -regulasies volg.

• Polsband/merkerkleure: Verskillende kleure van polsbandjies verteenwoordig verskillende ouderdomme. Gaste moet nie probeer om areas te betree waarvoor hulle nie die toepaslike polsband het nie.

• Verlore of beskadigde polsbande: Verlore of beskadigde polsbande kan nie vervang word nie, en gaste sal ‘n nuwe kaartjie moet koop om weer by die geleentheid in te gaan.

• Geen wapens, dwelms of glas sal toegelaat word nie. Elke bywoner sal by toegangspunt deursoek word.

• Reg van toegang word voorbehou.

Deur ‘n kaartjie te koop, AOT en die venue te betree, stem gaste in tot hierdie bepalings en voorwaardes.