’n Nuwe nasionale musiekervaring en konsertreeks bring trots, energie en eenheid na die verhoog.
’n Splinternuwe Afrikaanse musiekervaring, Afrikaans Op Toer (A.O.T), is gereed om gehore regoor Suid-Afrika te tref, en dit beloof om meer as net ’n konsert te wees.
Met van die land se gewildste kunstenaars wat die reeks afskop, word Afrikaans Op Toer gebou rondom een eenvoudige maar kragtige boodskap: Waar Afrikaans nooit stilbly nie.
#JouDorpSeMense #JouDorpSeTaal #JouDorpSeMusiek #JouDorp
#AOT #AfrikaansOpToer
Afrikaans Op Toer
Die konsep vier nie net Afrikaanse musiek nie, maar ook die mense, stories en gemeenskap wat dit lewendig hou. Volgens die organiseerders is die doel om ’n ervaring te skep waar gehore nie net kyk nie, maar deel word van iets groter.
“Afrikaans Op Toer” gaan oor saam sing, saam lag en onthou hoekom hierdie musiek ons almal verbind. Dis nie ’n vertoning nie, dis ’n gevoel,” sê die span agter die produksie.
Elke kunstenaar bring ’n unieke energie na die verhoog, en vanaf 1 Maart word die 2026 toer bekend gemaak met nie minder as 5 konserte vir 2026. Toer beplanning vir 2027 is reeds volstoom aan die gang.
Daar gaan stemme wees van trots en saamsing oomblikke, stemme wat die hart en emosie gaan dra, stemme wat die partytjie en energie gaan laat vloei en stemme wat gaan kuier en stories vertel.
Die konsert reeks kombineer groot koor-oomblikke (waar almal gaan saam sing), moderne produksie elemente, en ’n eg Suid-Afrikaanse atmosfeer. Daardie “dit was een vir die boeke” ervaring.
Konsert inligting sal vanaf 1 Maart 2026 beskikbaar wees by www.afrikaansoptoer.co.za
Volg ook gerus die Afrikaans op Toer Facebook, Instagram en TikTok bladsye
Kaartjies sal vanaf 1 Maart beskikbaar wees by: www.opentickets.co.za
Kontak Ons:
rex@afrikaansoptoer.co.za